Hi, my Naam is Godfrey Williams, en joe hehehehe. Ek wil net vir u, vir jou wat luister en wat kyk, net meedeel…My ervaring met BizzBuddy (The Vocalist) is so amazing.! Ek het op FB gekyk en so bietjie gescroll en met die gevolg het ek afgekom op The Vocalist Virtual Magazine. Ek was baie nuuskierig gewees. En met hierdie nuuskierigheid het ek n comment gelos op Fb, en binne 20 sekondes het ek dadelik terugvoering ontvang van Juanita Jacobs. Ek het toe reply en dit was vir my weird gewees. Die feit dat sy so gou reply het telefonies, en as ek n vraag gehad het, het sy dadelik vir my in diepte verduidelik. So het ons aan gegaan. Ek en Juanita het vir ure gepraat met alles oor wat ek wou geweet het. Elke vraag of gedagte is vir my so mooi uiteengesit en verduidelik. Sy het alles so oopgemaak, en ek het clarity gekry oor alles. Daarvandaan het ons hande gesmelt. Ek het foto’s vir haar gestuur van my musiekblad, Fb, spotify, en sy het n liedjie van my opgemerk daar, met die naam OË. Juanita het my liedjie gebruik op haar profiel op Fb en whatsapp, en dit was vir my nogal baie baie denkwaardig om te dink wat doen die mense. En van daaraf het ek hul begin volg. En elke oomblik het ek die kreatiwiteit van Juanita en Francois saam opgemerk. Elke oomblik is daar iets nuuts op Fb geplaas op so gereelde basis. Dit maak my nogal trots om saam met sulke mense te werk. In terme van sigbaarheid, hulle is baie aktief op Fb en sosiale media. So ek is baie beindruk met hulle werk. Die verhouding wat ons begin aanknoop het, en ja..so ja ..jy wat dalk inluister of iets, wil ek vir jou sê, jy hoef nie verder te dink nie. Jy moet net saamsmelt met Vocalist Virtual Magazine, met Juanita in beheer natuurlik. Met Francois aan STUUR met dit…dit kan jou drome vir jou verwesenlik.
Godfrey Williams


Vanaf die eerste oomblik wat Juanita met my kontak gemaak het om deel te wees van hul voorbladprojek, het ek dadelik ‘n gevoel van opgewondenheid én “tuiste” ervaar. Daardie gevoel het nie net gebly nie – dit het gegroei.
Jay Gibson
Die span is van begin tot einde op die bal: professioneel, georganiseerd en duidelik toegewyd aan die kunstenaars met wie hulle werk. Ek is voortdurend op hoogte gehou van elke stap in die proses, en dit het vir my as kunstenaar ongelooflik baie beteken. Dit is duidelik dat hulle regtig die kunstenaars se belange op die hart dra en opreg daarin belangstel om elkeen se loopbaan aktief te bevorder.
Wat my besonders beïndruk het, is die enorme moeite wat hulle insit – elke detail word met sorg hanteer. Boonop is die hele span vriendelik, behulpsaam en uiters bedagsaam teenoor hul kliënte en kunstenaars. Jy voel nie soos net nóg ‘n naam op ‘n lys nie – jy voel gesien, gewaardeer en ondersteun.
Ek is opreg dankbaar vir die ervaring, en beveel hierdie diens met volle vertroue aan aan enige kunstenaar wat hul loopbaan na die volgende vlak wil neem, saam met ‘n span wat regtig omgee.
Musiek liefde,
Ek het die mees professionele diens ontvang vanaf Juanita Jacobs van BizzBuddy!
Die Vocalist/Vokalis Magazine is ook uiters goed uiteengesit, en ek geniet die Magazine regtig baie.
My mening is dat ń mens die Tydskrif baie nuttig vind, en ook dat ń mens jouself kan inleef in die leesstof wat daar uitgebeeld word. Ek kan maar heerlik ontspan met die lees daarvan.Baie dankie BizzBuddy
Marius Landman

